Our Blog

Stellenbosch kersmark 2018

Wanneer jy deur die dorp ry en die kersmark plakate teen die lamppale sien hang, dan weet jy Kersfees is om die draai en dit beteken nog ‘n jaar is amper op sy rug.

 

Wees virseker om nie die kersmark mis te loop nie, daar is allerhande lekkernye te koop, handwerk items, plante, juweliersware, iets ouliks vir die kleinspan en nog vele meer.

 

So of jy nou opsoek is na ‘n kersgeskenk, iets kleins om by jou pakkie te voeg of sommer net lus is om iemand of jouself te bederf, dan is die kersmark beslis die plek om te wees!

 

Hierdie jaar se kersmark vind plaas vanaf 21 November – 1 Desember, Martinson straat, Uniepark.

 

Moet dit nie misloop nie!!