Our Blog

Interskole 2019

Opwinding loop hoog soos die skoolbusse Stellenbosch instroom vir eerskomende naweek se interskole. Grey College gaan Paul Roos Gimnasium aandurf terwyl Hoër Meisieskool Bloemhof teen Oranje meisies te staan kom.

Wat ‘n heerlike geleentheid vir die leerders sowel as ouers, oud skoliere en ondersteuners om hierdie geleentheid by te woon, die gees van die leerders is werklik aansteeklik en Stellenbosch is in rep en roer.

 

Dit is altyd vir ons by Rusthuiz ‘n naweek waarna daar lank uitgesien word – ouers en leerders gaan by ons tuis en die opwinding en goeie gees is tasbaar!

Alle voorspoed aan al die leerders – mag die beste spanne wen!