Our Blog

ATKV APPLOUS KOORKOMPETISIE 2012

Die afgelope week was dit die afskop van die ATKV se Nasionale Applous koorkompitiese Finaal. Die byeenkoms word jaarliks gehou en elke 3de jaar in die Wes-Kaap. Vanjaar was dit ons veelkleurige dorpie Stellenbosch wat koning gekraai het om dit aan te bied. Hoërskool Meisies skool Bloemhof het gasheer gespeel vir hierdie heerlike okasie. Dié bekende meisies skool se nuut geboude sentrum was die agtergrond waar 268 skoolkore van reg oor die land, insluitende Namibië vanaf Woensdag, 25 Julie tot en met Saterdag, 28 Julie, elke aand hul harte uit gesing het om mee te ding vir ’n ATKV Applous trofee.

Dié koorkompitsie is alreeds sedert 1978 deur die Afrikaanse Taal en Kultuurbond (ATKB) soos wat hul destyds bekend getsaan het begin, deesdae ken ons dit as die Afrikaanse Taal en Kultuurverenigend (ATKV). Die Organiseerders, Mnr Johan Esterhuizen en Mev Bessie Keun kan baie trots op hulself voel, aangesien daar ’n rekord getal skoolkore hierdie jaar deelgeneem het. Die Applous Koor Kompetisie word gemerk as die grootste koorkompetisie in Suid-Afrika vir hoër en laerskole.

Die landswye geleentheid bring mee ’n samesyn van talent, kultuur en vermaak vir enige aanhanger van sang. Elke jaar verleen ATKV se Applous die geleentheid aan skole om uit te haal en te wys. Met die intreë slag van vroeg soggens tydens repitisie tot laat saans kan jy die gedruis van massa stemme die skool sentrum hoor vul. Gedurende die aand vertonings, wanneer die kompetisie opdreef is word die gehoor deur ’n plaaslike gaskunstenaar verder vermaak. Die jaar was dit Andriette Norman, finalist van die werklikheids program Idols, wat die skare laat “geesvang“ het, terwyl die beoordeellaars gedebatteer het oor die koorkompetisie se wenners.

Hier is die wenners in die verskillende katogoerieë:

Woensdag aand:
Beste minder ervare skoolkoor – Laerskool Belville Noord, Bellville
Beste Afika lied – Laerskool Eikestad, Stellenbosch

Donderdag aand:
Beste minder ervare skoolkoor nie-Afrikaans sprekende moedertaal lied,– Hoerskool Eunice, Bloemfontein
Beste meer ervare koor – Laerskool Durbanville, Durbanville

Vrydag aand:
Beste nie-Afrikaans sprekende moedertaal lied – Laerskool de Kuilen, Kuilsrivier
Beste minder ervare skoolkoor – Hoërskool de Kuilen, Kuilsrivier

Saterdag aand:
Beste meer ervare nie-Afrikaans sprekende moedertaal lied – Hoërskool St Micheals School for girls, Bloemfontein
Beste meer ervare nie-Afrikaans sprekende moedertaal lied – Menlopark, Pretoria